Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerling gee sy beste
Kian Kirsten (15), ’n gr. 9-leerling van die Goudveld-Hoërskool is gekies as die September-wenner van die Vista Let’s Play Sportster van die Maand vir sy prestasies in swem, tweekamp en rugby.

Kian Kirsten (15), ’n gr. 9-leerling van die Goudveld-Hoërskool is gekies as die September-wenner van die Vista Let’s Play Sportster van die Maand vir sy prestasies in swem, tweekamp en rugby.

Kian is van 2015 tot 2018 ingesluit in die Vrystaatse skole-swemspan. Hy is vanjaar ook ingesluit in die Noord-Vrystaatse tweekampspan. Kian is ook vir die Griffons Rhino se o.15-span gekies. Hy het van 2016 tot 2018 gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse junior nasionale swemkampioenskapsbyeenkoms in Durban deel te neem. Hy speel ook vir die Goudveld-Hoërskool se o.15A- rugbyspan. Kian se leuse is: “As jy jou beste gee, sal God die res doen.”

) Meer oor Let’s Play

Oor die afgelope paar jaar is SuperSport as sportgesag in Suid-Afrika gevestig.

Met so ’n sterk sportinvloed binne die Suid-Afrikaanse mark, is SuperSport perfek geposisioneer om hierdie krag te ontgin en om die publiek en maatskappye te motiveer om werklik ’n verskil in die samelewing te maak.

SuperSport het opgemerk dat daar groot probleme bestaan wat die ontwikkeling van kinders strem omdat vaardighede wat geleer word deur speel, liggaamlike opvoeding en sport ernstig ontbreek het.

Dit was met hierdie insig dat die Let’s Play-projek in November 2005 gestig is – met die doel om bewustheid van die maatskaplike situasie te verhoog en speel, fisieke aktiwiteit en sport in skole aan te moedig.

Vir meer inligting kontak Lynne of Juanré by 051-522-9574 of stuur ’n e-pos na supersport@zpr.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.