Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leierboer van Hennenman sterf skielik

Boet Fourie (85), ’n bekende leierboer van Hennenman, is dood nadat hy skielik siek geword het.

Boet se vrou, Martie, sê hy is Donderdag (01/08) in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein dood.

Boet, ’n boorling van Hennenman, was ’n bekende in landboukringe. Hy was voorsitter van die plaaslike boerevereniging en het jare lank op dié vereniging se bestuur gedien.

Nadat die destydse minister van landbou hom as waardeerder vir landboukrediet aangestel het, was Boet in die Vrystaat as ’n Landbank-waardeerder bekend.

Hy het op die departement se grondbewaringskomitee gedien en saam met landboukundiges plase besoek.

“Hy was ’n leier in die ge- meenskap. Hy was onder meer voorsitter van die plaaslike laerskool se beheerraad en voorsitter van die Rapportryers in Hennenman,” sê Martie.

Sy sê Boet was ’n goeie sportman, en het as student aan die Universiteit van Pretoria in atletiek uitgeblink.

Hy het liga-tennis vir die Goudveld gespeel, en was voorsitter van dié tennisklub.

Die egpaar het op die plaas Liddlesdale gewoon. Hy het met graan en vee geboer.

Martie sê die familie sal hom onthou as ’n vriendelike, nederige mens wat met integriteit en eerlikheid geleef het.

“Van sy werknemers woon al drie geslagte lank op die plaas,” sê sy.

Boet laat sy drie dogters, Gerda, Hermi en Mariette, twee skoonseuns, Ockie van Niekerk en Hein Swart, en nege kleinkinders agter.

Hy word Maandag (12/08) om 11:00 uit die NG Moedergemeente in Hennenman begrawe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.