Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leraar pak uithourit aan

’n Leraar van Welkom het nog iets op sy wenslysie afgemerk toe hy vandeesweek aan een van die uitdagendste uithouritte in Suid-Afrika, by Fauresmith, deelgeneem het.

Ds. Philip McLaren (56), leraar by die NG kerk Bedelia in Welkom, was eintlik altyd bang vir perde.

In die drie jaar dat hy as leraar van die NG kerk in Fauresmith gedien het, het hy met die uithourit wat jaarliks in Fauresmith aangebied word te doen gekry.

Hy het daar en dan besluit om sy vrees vir perde te oorkom en het aan kwalifiserende uithouritte van 80 km begin deelneem.

In 2007 sou hy aan sy eerste uithourit in Fauresmith deelneem, nadat hy gekwalifiseer het.

In 2007 het sy perd, Samuri, ná ’n veeartsondersoek uitgeval en kon hy nie die uithourit voltooi nie.

Vanjaar het McLaren en sy Arabierperd, Sky, goed voor­berei vir dié uithourit wat oor oor 206 km strek.

McLaren en Sky het altesaam 240 km saam geoefen en gery.

Omdat die uithourit so uitdagend kan wees, word die perde gereeld deur ’n veearts gemonitor en ondersoek.

Ná elke afstand wat wissel van 23 km tot 27 km is daar ’n 20 min rustydperk, waarin die perd se pols onder 64 polsslae per minute moet wees.

Die perde word deeglik ondersoek vir beserings, wat veral spierbeserings insluit.

Die rit bly ’n uitdaging vir die ruiter en sy perd.

Die eerste twee dae word ’n afstand van 75 km afgelê en die laaste dag eindig die rit met ’n afstand van 56 km.

Benewens die lang afstande moet die perd en ruiter koue weer trotseer, asook rowwe terrein, wat berge insluit.

Die Fauresmith-omgewing word beskou as een van die mooiste omgewings in die land en dit word baie koud dié tyd van die jaar – daarom moet ruiters en perde versigtig ry om beserings te voorkom.

Vanjaar het 365 perde en hul ruiters aan dié uithourit deelgeneem.

Tyd speel ook ’n groot rol – die afstande moet binne 16 uur voltooi word.

McLaren en Sky het ’n baie goeie uithourit beleef en hy het uiteindelik sy droom verwesenlik.

Hy is ’n uitstekende sportman en spog met 21 Comrades-marathons agter sy naam.

Sy twee seuns, Philip en Heid, volg in hulle pa se voetspore en is uitblinkers in verskeie sportsoorte – en sal dalk eendag ook die uithourit aanpak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.