Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma ook ondersoek
Die bilologiese ma en nog iemand word nou ookonder

Die biologiese ma en nog iemand verbonde aan die saak teen ’n vooraanstaande man (51) van Welkom, wat aangekla word van die seksuele aanranding van sy twee stiefdogters oor ’n tydperk van nege jaar, word nou ook ondersoek.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het bevestig dat sake teen twee mense ingevolge die wet op seksuele oortredings en die versuim om die kennis van seksuele misdrywe by die polisie aan te meld, aanhangig gemaak is.

“Die kinders het hul ouers van die voorvalle van seksuele aanranding vertel, maar niks is gedoen nie,” sê Thakeng.

Volgens die dossier is ander minderjarige meisies, wat nie deel van die man se familie is nie, ook by die ondersoek betrokke.

Die man is op 29 Maart op borgtog van R10 000 vry­gelaat.

Hy is op Dinsdag 26 Maart by sy kantoor vir verkragting, seksuele aanranding, seksuele gereedmaking en die wys van pornografiese materiaal aan kinders in hegtenis geneem.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 9 Mei uit­gestel.

Die man het na bewering van 2008 tot 2017 sy twee stiefdogters seksueel misbruik.

Die polisie het met sy inhegtenisneming sy selfoon, rekenaar en 191 porno­grafiese DVDs in beslag geneem.

Vista verneem forensiese deskundiges ondersoek al die elektroniese toerusting en data.

AO Juan Jansen, AO Anje Taite, AO Fanie van der Merwe en AO Mandie Jacobs van die Welkom se gesins- en kinderbeskermings­eenheid lei die ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.