Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maak van Virginia weer ’n lushof

Antoinette Schoeman, oudinwoner van Virginia:

Wat ’n skokkende, morsige prentjie verwelkom my in my geliefde tuisdorp, Virginia.

Hoekom lyk die eens-pragtige tuindorp soos ’n vullishoop?

Dit maak my so hartseer.

Ek het die allermooiste herinneringe van hierdie dorp. Gelukkig kan niemand dit van my wegvat nie.

Die eens gewilde Doringboom-hotel, waar ons elke Saterdagaand gesakkie-sakkie en gejive het, is gestroop en vervalle.

Die dorp se karakter is geskend. Rommel lê die hele dorp vol.

Ek is seker Virginia is een van die vuilste dorpe in die land. ’n Onsmaaklike rioolreuk hang in die lug, en in sommige strate vloei rou riool. Dit is een groot gesondheidsrisiko.

Ek reël ’n reünie vir oud­inwoners van Virginia, maar ek wonder of die bestuur van die munisipaliteit, die eerste burger en die nuutgekose premier van die Vrystaat betyds gaan ingryp.

Van die vorige premier, Ace Magashule, se wonderlike beloftes het niks realiseer nie.

Hy het ons nooit beïndruk nie, en ons belastingbetalers is nou keelvol.

Om konflik te voorkom, sit asseblief skouer aan die wiel en beplan ’n skoonmaak-aksie voor 16 Maart. Ons verwag 200 oudinwoners, en ons wil met ons eens pragtige tuindorp spog. Maak ons asseblief trots!

Dit is ’n geskiedkundige gebeurtenis. Van ons bly al sedert 1945 hier, en van die oudinwoners kom van heinde en verre.

Dit was nog altyd my droom om my hartsmense vir ’n herontmoeting bymekaar te kry.

Van ons het in Kassieshoogte gebly en in Linabo.

Me. Premier van die pragtige Vrystaat, wys ons gemeenskap dat jy trots in jou het.

Maak ’n verskil en maak Virginia weer ’n lushof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.