Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Massyn se droom op ys

Die koronavirus­siekte, Covid-19, het die sportwêreld tot stilstand geruk.

Alle groot sportbyeenkomste is voorlopig uitgestel of afgestel weens die vinnige verspreiding van die virus.

Streng voorsorgmaatreëls is Sondag (15/03) deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig.

Atletiek Suid-Afrika (ASA) het ook ’n tydelike verbod op alle wedlope en atletiekbyeenkomste geplaas.

Atlete wat nog nie vir die jaarlikse Comrades-wedloop gekwalifiseer het nie, se kanse om dit te doen, raak nou al hoe skraler.

Heelwat oorblywende kwalifiserende wedlope, soos die Twee Oseane-wedloop, word afgelas.

Die voorsitter van die Goudveld-multisportklub, Pedrie Erasmus, sê dat 20 klublede vanjaar aan die Twee Oseane-wedlope sou deelneem.

“Gelukkig het almal wat beplan om vanjaar aan die Comrades-marathon deel te neem reeds met vorige wedlope gekwalifiseer,” sê hy.

Louis Massyn, bekende Goudveldse langafstand­atleet wat ook ’n lid van die Goudveld-multisportklub is, se uitnodiging om as internasionale ambassadeur van Adidas Duitsland aan die 124ste Boston-marathon deel te neem, is gevolglik ook eers op die ys geplaas.

Die Boston-marathon is die oudste marathon ter wêreld met ’n ryk geskiedenis.

Meer as 31 000 atlete het hulle vir die wedloop ingeskryf.

“Die Boston-marathon is enige atleet se droom. Danksy die uitnodiging van Adidas Duitsland is ek gevrywaar om te kwalifiseer en kan ek net deelneem,” sê Massyn.

Die gewilde marathon sou vanjaar op 20 April plaasgevind het.

Dit word elke jaar op die derde Maandag van April aangebied, wat ’n publieke vakansiedag (Patriot’s Day) in Boston is.

Atlete word per bus na die wegspringpunt geneem en word deur nagenoeg 1,5 miljoen toeskouers langs die 42 km-roete, tot by die eindpunt in die middestad, ondersteun.

Vanjaar sou 43 Suid-Afrikaners aan die Boston-marathon deelgeneem het.

Die wedloop is nou tot 14 September uitgestel.

Massyn beoog om in Oktober aan die Chicago-marathon deel te neem.

Die marathon tel onder die grootste wedlope ter wêreld, saam met die New York-, Berlyn-, Boston-, Chicago-, Londen- en Tokyo-marathon.

Ná die Chicago-marathon het Massyn beplan om, ook in Oktober, aan die Detroit-marathon deel te neem.

Intussen is Massyn ook besig om hom vir sy 48ste Comrades-marathon voor te berei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.