Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mededinging op renbaan straf
06 September 2018

Alle paaie lei Saterdag (08/09) na die Phakisa-veldfietsrenbaan waar ongeveer 200 veldfietsryers van oor Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe heen mekaar in die sesde ronde van die Suid-Afrikaanse nasionale kam­pioenskap die stryd gaan aansê.

Daar sal sterk mededinging tussen die veldfietsryers wees, met net ’n paar punte verskil tussen die voorste jaers wat sal meeding.

Groot opwinding kan verwag word om die Suid-Afrikaanse kampioen te kroon.

Vier ryers van Welkom neem ook deel, onder andere ’n pa en sy twee seuns. Jared Tilley (35) gaan in die veterane-afdeling ry en sy twee seuns, Blade (9) en Casey (8), in die 50cc-afdelings.

Nog ’n pa-en-seun-kombinasie van Welkom, Lourius (34) en Arno Erasmus (9), sou ook deelgeneem het. Lourius het egter sy sleutelbeen ’n paar weke gelede gebreek en daarom sal net klein Arno in die 65cc-afdeling deelneem.

’n Ryer om dop te hou is Caleb Tennant (nr. 444) van Kaapstad, wat verlede jaar in Kalifornië geoefen het vir 2018 se Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Hy is tans die voorloper in die MX1- en MX2-klas.

Die naweek se sportgeleentheid het volle televisiedekking en sal op verskeie sportkanale uitgesaai word.

David Tilley, voorsitter van die klub, sê die baan is in ’n uitstekende toestand met skoon ablusiegeriewe, lekker kos wat deur die Rotariërs verskaf sal word, verskeie uitstallers en goeie musiek deur die uitsaaidiens van Brian Emmenis en sy span.

Oefenrondtes begin om 08:00 en die wedrenne om 10:00.

Toegang kos R60 vir volwassenes en kinders jonger as 12 jaar kry gratis toegang.

Vir meer inligting kontak David Tilley by 083-273-9152 of Lourius Erasmus op 079-495-7223 of volg Phakisa Motocross Club op Facebook.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.