SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Meisie glo verkrag, ma meld dit nie aan
Rape

’n Sesjarige meisie wat glo al verskeie kere deur ’n minderjarige seun verkrag is, het uiteindelik hulp gekry nadat kleuterskoolonder­wysers in Hennenman die hulp van ’n polisielid ingeroep het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê konst. Lindiwe Tau is na die kleuterskool ontbied.

Daar het die personeel aan haar vertel dat die kind moeilik loop.

Die onderwysers het die kind uitgevra, waarna dit aan die lig gekom het dat sy verkrag is deur ’n seun wat sy ken.

en dit het aan die lig gekom sy is verkrag deur ’n seun wat sy ken.

Die kind se ma is ingeroep en gevra om die voorval by die polisie aan te meld.

Die skool het egter vasgestel dat die ma nie die saak by die polisie aangemeld het nie, waarna hulle Tau se hulp gevra het.

Makhele sê Tau was nie aan diens nie, maar het uit haar pad gegaan om die meisie te help.

’n Saak van verkragting is op Vrydag 8 November aanhangig gemaak.

Volgens inligting is die kind glo al voorheen verkrag.

Makhele sê die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) in Thabong sal ook die bewering ondersoek dat die ma versuim het om die voorval aan te meld.

’n Sesjarige meisie van Hennenman is glo al verskeie kere deur ’n minderjarige seun verkrag.

Die kind het uiteindelik hulp gekry nadat kleuterskoolonderwysers in Hennenman die hulp van ’n polisielid ingeroep het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê konst. Lindiwe Tau is na die kleuterskool ontbied waar die personeel aan haar vertel het hulle sien die kind loop moeilik.

Die onderwyseresse het die kind uitgevra en dit het aan die lig gekom sy is verkrag deur ’n seun wat sy ken.

Die onderwyseresse het die kind se ma na die skool laat kom en haar gevra om die voorval by die polisie aan te meld.

Die skool het vasgestel dat die ma nie die saak by die polisie aangemeld het nie, waarna hulle Tau se hulp gevra het.

Makhele sê Tau was nie aan diens nie, maar het uit haar pad gegaan om die meisie te help, en ’n saak van verkragting is op Vrydag 8 November aanhangig gemaak.

Volgens inligting is die kind glo al voorheen verkrag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.