Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Motorman se dood skok Goudvelders

Dicky Boshoff (49), ’n geliefde motorverkoopsman, is Vrydag (22/06) ná ’n hartstilstand oorlede.

Hy het sedert 2004 by Human Auto in Welkom gewerk, en is ’n maand voor sy 50ste verjaarsdag oorlede.

Boshoff, ’n diabeet, het die laaste drie jaar met sy gesondheid gesukkel.

Hy was nog verlede Maandag (18 Junie) by die werk en is sedert Dinsdag (19 Junie) in die Mediclinic Welkom vir longontsteking behandel.

Boshoff is in Bethlehem gebore en het in Kroonstad grootgeword en skoolgegaan.

Ná skool het hy militêre diensplig gedoen en daarna sy loopbaan by Absa begin.

Hy en sy ma Ester Crause (oorlede in 2009) het ook op ’n tydstip die Engen Depot in Jan Hofmeyr, Welkom, besit.

In 2004 het hy as verkoopsman by Human Auto in Welkom begin werk.

“Hy was welbekend en geliefd in die motorbedryf en kliënte was gaande oor hom.

“Hy was die verkoopsman wat altyd agteroor gebuig het en sy kliënte was altyd eerste prioriteit,” sê Johan Rautenbach, sy vriend van bykans 20 jaar.

“Dicky was nie net my goeie vriend nie, maar eerder ’n broer.

“Ons het mekaar altyd met raad en daad bygestaan en sy ongelooflike sin vir humor was aansteeklik vir almal wat hom geken het,” sê Rautenbach.

Boshoff was ’n groot Stormer-ondersteuner en krieket was sy ander voorliefde.

Hy was ook ’n uitstekende snoekerspeler.

“Almal wat vir Dicky geken het, het nou ’n stukkie hemel ontvang,” sê Carlien, sy vrou.

Die familie spreek hul dank teenoor dr. Reinier Colyn en die personeel van die Mediclinic Welkom uit.

Boshoff se roudiens vind vandag (28/06) om 14:00 uit die Bikers Church in Jan Cillierspark, Welkom, plaas.

Hy word deur sy vrou Carlien (38), seun Johnnie (15) en dogter Debbi (11) oorleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.