Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n Gedig spesiaal vir die Vista-koerant

Opgedra aan die bestuur Van Vista-koerant deur die skrywer Elias Mkotjo - ’n digter van persoonlike lirieke in die Goudveld, soos verskyn in Vista 26 Januarie 2016

Vriende kom ons praat saam!

In enige moeitevolle arbeid,

Is ’n voordeel – maar praatjies is maar net tot niks.

Sê tog vir my – wat is ’n boek?

’n Vraag wat baie mense ontbreek

En tog ’n boek, is ’n vriend wat ’n mens nooit in die steek laat nie.

Met ’n boek word ’n mens wys en slim en verstandig

Raak jy bewus van mense se manier van dink wêreldwyd.

Maar net een ding kom jy kort –

Hoe raak jy bewus van die gebeure rondom jou omgewing?

Daar is nie ’n manier nie! Kry iets om te lees!

Vista, VistaVista-koerant is die antwoord. En oplossing.

In die hele Goudveld – gebeur so baie dinge.

Wat ’n mens se verstand te bowe gaan.

As jy nie daarvan kennis dra nie –

Is jou kennis arm soos ’n kerkmuis!

Om dit te verryk kry vir jou ’n Vista-koerant.

Ek is trots op jou; en haal ek my hoed af vir jou – haak Vista!

Aan al die Goudvelders heinde en ver.

Wees gewillig en lief vir julle tuiskoerant Vista!

Lees Vista-koerant te alle tye; en word wys.

Onthou sonder Vista-koerant is die Goudveld ’n wildernis.

Kom ons lees saam Vista – ’n koerant van nuus met mening.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.