Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nog ’n seder val in Welkom

Nog ’n seder het in Welkom geval met die dood van die sakeman en pionier Johan (Jannie) Geyser. Hy het ’n stryd van meer as drie jaar teen kanker gevoer.

Hy is op Dinsdag 11 April in die Life-Rose­park-hospitaal in Bloemfontein oorlede.

Oom Jannie (79), soos hy alom bekend gestaan het, het in 1960 ’n Welkomiet geword. Hy het aanvanklik by Incledons begin werk. Hy was ook betrokke by Samkor en Buildersmarket.

In die jare 90 het hy en ’n jarelange vriend, Leon Morgenrood, Buildmat begin.

Toe oom Jannie in 2014 siek geword het, het hy uitgetree.

Dié bekende sakeman, wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie, se stokperdjie was veteraanmotors. Hy was die trotse eienaar van ’n 1928-Chrysler en ’n 1957-John Deere-trekker.

Hy en sy vrou, Rita, was 57 jaar lank getroud.

Hulle het twee kinders, Johan (56) en Inri (50).

Hy word ook deur vier kleinkinders en vier agterkleinkinders oorleef.

Die roudiens is Vrydag (21/04) om 12:00 in die NG kerk Welkom-Suid en sal deur dr. Leon Foot gelei word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.