Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nog twee vroue betrek by pa se dade
Nog twee jong vroee het na vore gekom in die saak

Nog twee jong vroue het navore gekom in die saak teen ’n vooraanstaande man (51) van Welkom wat aangekla word van die seksuele aanranding van sy twee stiefdogters.

Dit is nou, saam met sy twee stiefdogters, vier slagoffers.

Die man is op Dinsdag 26 Maart by sy kantoor in Welkom se middestad vir verkragting, seksuele aanranding, seksuele gereedmaking en die wys van pornografiese materiaal aan kinders in hegtenis geneem.

Hy is op 29 Maart op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Die saak is in die landdroshof in Welkom tot 9 Mei vir verdere ondersoek uit­gestel.

Vista het verlede week berig dat sake teen die biologiese ma en nog iemand verbonde aan dié saak ingevolge die wet op seksuele oortredings en die versuim om die kennis van seksuele misdrywe by die polisie aan te meld, aanhangig gemaak is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die derde klaagster ’n 24 jarige vrou is wat reeds in 2008 verkrag is toe sy 13 jaar oud was.

Die vrou is ’n familielid van die stiefdogters en het ten tye van die verkragting by die familie in Virginia gewoon.

Die vierde slagoffer nou 18 jaar oud, is seksueel aangerand toe sy 14 jaar oud was. Sy was ’n vriendin van een van die stiefdogters en het by haar gekuier toe die daad gepleeg is.

Die man het na bewering van 2008 tot 2017 sy twee stiefdogters seksueel misbruik.

Die polisie het met sy inhegtenisneming sy selfoon, rekenaar en 191 porno­grafiese DVDs in beslag geneem.

Vista verneem forensiese deskundiges ondersoek al die elektroniese toerusting en data.

Ao. Juan Jansen, ao. Anje Taite, ao. Fanie van der Merwe en ao. Mandie Jacobs van die Welkom se gesins- en kinderbeskermings­eenheid lei die ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.