Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ou wiele sy hart se punt
Buks Joubert in sy DKW op Saterdag (06/10) se Cars in the Park-geleentheid.

Buks Joubert (72) van Welkom was reeds as jong man deur veteraan­motors gefassineer.

“Hoe lei die gesegde – mans se speelgoed word net duurder en groter hoe ouer hulle word,” sê hy met ’n stoute glimlag.

“Ek het ’n ingebore liefde vir dié motors en stel vreeslik belang in die meganika en oorsprong van alle veteraanmotors,” sê hy.

Om twee veteraanmotors van byna niks af op te bou en in stand te hou, was sy stokperdjie vir die afgelope 40 jaar; ’n taak wat voortduur.

Dié spesiale motors – ’n Borgward Isabella en ’n Auto Union 1000S, beter bekend as die DKW – word gekoester en met baie liefde in stand gehou.

Die Borgward Isabella het hy in 1979 gekoop. Dié motors het hul eerste verskyning in die laat 1930’s gemaak.

Buks het die Borgward uitmekaar gehaal en van nuuts af opgebou. Die herstel- en bouwerk het hom vier jaar geneem.

In 2002, toe Buks afgetree het, het hy die DKW (’n model uit die vroeë 60’s) in Rosendal gaan koop.

“Onderdele vir albei die motors is baie skaars, en ek verkies om self alle herstelwerk aan my motors te doen.

“Dit is ook belangrik dat daar altyd ’n mens se asem in die motors bly, anders vergaan dit. Ek ry elke naweek met albei motors om hulle aan die gang te hou,” sê Buks.

Hy het ’n uitgebreide kennis oor veteraanmotors, waarna ’n mens ure lank kan luister.

Buks se hond Sasha deel sy liefde en passie vir die ou motors. As daar gery word, is Sasha eerste in, en blykbaar verkies sy om net in die twee veteraanmotors te ry.

Buks is sedert 2002 ’n lid van die Welkom Old Auto Club. Elke maand het dié klub ’n uitstappie of ’n saamtrek waar liefhebbers van veteraan­motors saamkuier.

Die jaarlikse Welkom Cars in the Park-geleentheid, wat in Oktober plaasvind, is die klub se grootste saamtrek en hiertydens kom veteraanmotorklubs van oor Suid-Afrika heen byeen.

Buks het Saterdag (06/10) sy DKW ten tyde van dié geleentheid ten toon gestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.