Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oud-bok 5 jaar tronk toe ná dade met stiefdogters
06 September 2018

’n Oud-Springbok en -Vrystaatse rugbyspeler van die Goudveld, wat sy stiefdogters betas het en hulle gedwing het om kaal voor hom te swem, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Die speler, wat in die 70’s een keer vir die Springbokke uitgedraf het, se identiteit is bekend, maar word weerhou weens die risiko om die kinders te identifiseer.

Hy is skuldig bevind aan verskeie klagte van seksuele misdrywe teenoor minderjariges, insluitend seksuele aanranding op minderjariges.

Die man is ook daaraan skuldig bevind dat hy die kinders aan pornografiese materiaal blootgestel het.

Pornografiese DVD’s het in die huis gelê waar die kinders toegang daartoe gehad het.

Die Wet op Seksuele Misdrywe bepaal dat sulke artikels buite die bereik van minderjariges gebêre moet word.

Die vonnis spruit uit seksuele dade met sy twee stiefdogters wat met die aanvang van die voorvalle onderskeidelik nege en agt jaar oud was.

Luidens die klagstaat het hy in 2013 die oudste dogter gedwing om in die televisiekamer te slaap. Hy het wanneer almal slaap, die kind betas en ook haar hand gebruik om homself seksueel te bevredig.

Hy het soortgelyke dade met haar jonger suster gepleeg.

Die kinders se biologiese ma en die speler is in 2014 geskei, maar is op goeie voet uitmekaar. Die kinders het van 2014 tot 2016 gereeld vir ’n week op ’n slag by hom gekuier. Tydens dié besoeke het hy ook die kinders seksueel aangerand.

Terwyl hy en die kinders se ma getroud was, het hy hulle ook gedwing om hul swemklere uit te trek en kaal te swem. Hy het hulle dan R5 of R10 betaal.

Hy het hulle een keer selfs gedwing om kaal op die huis se dak te speel terwyl hy vir hulle gekyk het. Dit was vir die kinders baie vernederend omdat ander mense hulle ook kon sien. Hy is vir dié misdaad van gedwonge self-seksuele aanranding aangekla.

Die kinders se ma het in 2017 van die aanrandings bewus geword nadat hulle ongelukkig geraak het en die een dogter begin het om haarself te skend.

Die verdagte het skuld op al die aanklagte teen hom beken en is ingevolge ’n pleitooreenkoms tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, waarvan hy minstens twee derdes moet uitdien voordat hy in aanmerking vir parool kom.

Hy het ook twee opgeskorte vonnisse van onderskeidelik drie en vyf jaar, opgeskort vir vyf jaar, gekry.

Die man is in die hof vir seksuele misdrywe in Welkom aangekla.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.