Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oudleerlinge presteer in ingenieurswese

Vier oudleerlinge van die Hoër Tegniese Skool (HTS) in Welkom het sedert 2016 hul ingenieurswese-graad in onder meer mynbou-, elektromeganiese en siviele ingenieurswese behaal.

Al vier leerlinge was in hul matriekjaar dux leerling van dié skool, en een van hulle, Louis van Rensburg, het sy graad cum laude behaal.

Heine Hinrichs het in 2010 gematrikuleer en het in 2016 sy graad in mynbou-ingenieurs­wese aan die Universiteit van Pretoria (UP) voltooi. Hy is in sy laaste jaar as beste student in rotsmeganika, asook mynontwerp, aangewys. Heine werk vir Anglo by die oopgroef-platinummyn in Mokopane.

Willie Pretorius het in 2011 gematrikuleer en het in 2016 sy graad in elektro­meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad (UK) voltooi. Hy is as die beste eerstejaar­student aangewys. Hy doen sendingwerk in Kaapstad voordat hy hom weer aan sy beroep sal toewy.

Gunther Hinrichs was in 2012 in matriek en het in 2016 sy graad in siviele ingenieurswese aan die UP voltooi. Hy het ’n beurs van AECOM verwerf. In dié tyd is hy ook as lid van die Golden Key-erevereniging aanvaar. Gunther werk by AECOM in Centurion.

Louis van Rensburg was in 2013 in matriek en het in 2017 sy graad in mega­niese ingenieurswese (cum laude) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) voltooi. Die raad van dié universiteit het akademiese erekleure vir uitmuntende prestasie in meganiese ingeneurswese aan hom toegeken.

Hy is ook as lid van die Golden Key-erevereniging aanvaar en is tans werksaam by Harmony in Welkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.