Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paar vier 65 j. saam

’n Bekende pionierspaar van Virginia, Paul en Sarie Lamprecht, het vandeesmaand hul 65ste huweliksherdenking gevier.

Die egpaar is op 8 Januarie 1955 in die Volle Evangelie-kerk in Bloemfontein getroud waarna hulle in 1958 na Virginia verhuis het.

Paul (88) het 28 jaar op die Harmony-goudmyn gewerk en Sarie (83) het 18 jaar by die spoorweë gewerk.

Sy het daarna 25 jaar by haar seun, Paul, se apteek gewerk.

Paul en Sarie het drie kinders, Paul, Hannelie en Vilia en het ook tien kleinkinders en 11 agterkleinkinders.

Hul seun Paul is met Madeléne getroud en hulle het vier seuns – Elmen, Ruan, Janes en Zillen.

Hannelie en haar man, Barney Collins, het drie dogters – Nuzelle, Colene en Remalia. Hannelie en Barney was die AGS-pastoorspaar in Swellendam en Ladybrand. Sy is op 28 November 2012 oorlede.

Paul en Sarie se ander dogter Vilia en haar man, Sean Reynolds, is 19 jaar getroud. Hulle het drie kinders – Yvandro, Tyrone Reynolds en Jaclyn Viljoen.

Vilia was voorheen met wyle Piet Booysen getroud.

Paul en Sarie het op ’n vroeë ouderdom die keuse gemaak om met toewyding hul geloof as Christene uit te leef.

Hulle was eers vir vyf jaar by die Virginia Volle Evangelie-kerk en het daar leierskaprolle op die bestuur van die kerk en Sondagskool beklee .

In Junie vanjaar sal die egpaar 50 jaar deel van AGS Makarios-gemeente wees.

Hier het hulle ook verskeie leierskaprolle beklee.

Sarie was met haar sang- en klaviertalent deel van die musiekspan en Paul het klein kore gelei.

Met hul liefde vir kinders was hulle vir 20 jaar by die Sondagskool betrokke.

Paul het as sekretaris vir 21 jaar in die kerkraad gedien.

Die egpaar het 15 jaar gelede die Goue Jare-klub begin en het vroeër jare mense op verskeie toere geneem. Hulle het afgeskaal, maar hou steeds Donderdae ’n biduur by hul huis vir die tieners van AGS Makarios-gemeente.

Hulle glo die resep vir hul suksesvolle huwelik is: “God kom eerste in ons huwelik. Hy is ons rots en ons het ons lewe op sy woord gebou. Ons het oneindige geduld vir mekaar, en ons aanvaar mekaar ten volle,” sê die Lamprechts.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.