Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pasgetroude man sterf in mynongeluk

’n Myningenieur is dood in ’n mynongeluk in Odendaalsrus, minder as ’n maand nadat hy getroud is.

Juan Little (26) is volgens inligting Woensdagaand 29 Mei doodgeskok en ’n kollega van hom, Lawrence Erasmus (41), is in die St. Helena-hospitaal opgeneem.

Die mans is geskok terwyl hulle in die Nyala-skag van die Phakisa-myn buite Odendaalsrus gewerk het.

Little en sy vrou, Joane, is op 5 Mei getroud en het pas van wittebrood teruggekeer.

Huldeblyke vir Little is op sy Facebook-blad geplaas.

Francois Slabbert, ’n troufotograaf, skryf: “Ek het minder as vier weke gelede hierdie man se troue gedoen en vroeg vanmôre, terwyl ek besig is om die laaste trou­foto’s te redigeer, kry ek die nuus dat hy oorlede is.

“Dit is vreeslik om te ervaar en ek wens dit niemand toe nie. Juan, jy was ’n legend en dit was ’n voorreg om jou en jou vrou vir ’n kort rukkie te ken.

“Liefde aan Joane Little en al die vriende en familie van die pragtige paartjie.”

Joane was Donderdag (30/06) nog te getraumatiseer om met die media te praat.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

Harmony Gold het die voorval bevestig en Peter Steenkamp, hoof van die maatskappy, het namens die mynbestuur sy meegevoel aan naasbestaandes betuig.

  • Little was in die Hoërskool Hentie Cilliers en die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad. Sy begrafnisdiens vind Vrydag (07/06) om 12:00 uit die NG kerk Virginia in Highlands-rylaan plaas.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.