Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pastoor sluit by kerk aan

Die AGS-gemeente in Hennenman verwelkom ’n nuwe leraarspaar, past. Shawn Will en sy vrou, Louise.

“Will is opgewonde oor wat die Here wil doen, nie net in die AGS-gemeente nie, maar ook in die hele Hennenman-gemeenskap. Hy is energiek en entoesiasties oor die bediening. Hy het ’n liefde vir sport, van rolbal tot rugby. Verder streef hy om harte deel te maak van Christus se familie. Hy en sy vrou, ’n onderwyseres by die Laerskool Hennenman, en hul agt maande oue baba skakel op 9 Januarie by ons in,” sê Jan Botha, uittredende pastoor.

Botha het op 6 Desember 2019 uitgetree ná 20 jaar in dié kerk se bediening.

Will se intreepreek is Sondag (12/01) om 10:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.