Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Perstruie laat Grens les opsê

Die Griffons was die afgelope drie naweke onoorwonne en het Vrydag (05/10) teen Grens in Oos-Londen te staan gekom.

Die Perstruie het met ’n goeie aanslag ’n briljante vertoning gelewer en kon met ’n eindtelling van 40 – 7 op die telbord spog.

Dié oorwinning het verseker dat die Griffons deurdring na die eerste-liga se halfeindstryd, hulle beklee tans die vierde plek op die punteleer.

Grens het op hul tuisveld in die stof gebyt, met die Perstruie wat van die begin van die wedstryd af op die aanval was.

Die Griffons kon daarin slaag om sewe drieë te druk en die haker Anrich Alberts het ’n uitstekende driekuns aangeteken.

Die ander vier drieë is deur Nkululeko Marwana, Duan Pretorius, Jean Pretorius en Thato Mavundla gedruk. Die sewe doelskoppe is deur Duan Pretorius uitgevoer, waarvan een suksesvol was.

Puntemakers vir Grens was Billy Dutton wat die enigste drie aangeteken het en Aphiwe Stemele wat ’n doelskop deur die pale kon sit.

  • Saterdag (13/10) sal die Perstruie teen die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Arende in George in die halfeindstryd te staan kom. Vandag (11/10) vind die Griffons se jaarlikse gholfdag op die Oppenheimer-gholfbaan in Welkom plaas.

“Almal word uitgenooi om dié geleentheid ten bate van die Griffons-rugbyunie te ondersteun. Dit beloof om ’n heerlike geleentheid te wees,” sê Pieter Theunissen, bemarker van die Griffons.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.