Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Perstruie ly nederlaag op tuisveld

Die Griffons het Saterdag (04/05) tydens hul tweede wedstryd in die SuperSport-uitdaagreeks teen die Griekwas op hul tuisveld in Welkom te staan gekom.

Vroeg in die wedstryd kon die Griffons daarin slaag om met ’n doelskop eerste punte op die telbord te plaas.

Dit was egter die Griekwas wat met vasbeslotenheid ingeklim het en die wedstryd vinnig in hul guns gedraai het.

Teen rustyd was die besoekers reeds met 24 – 12 die voorlopers.

Die Griekwas het die eerste helfte loshande oorheers.

In die tweede helfte het die Perstruie verbete teruggeveg en net ná die afskop twee vinnige drieë gedruk.

Jaywinn Juries en Neil Stannard se drieë het die Griffons met 26 – 24 laat voorloop.

Die bordjies is egter weer verhang toe Griekwas net voor die eindfluitjie punte aangeteken het.

Die besoekers het met ’n oorwinning van 35 – 26 gespog, hul tweede oorwinning in die uitdaagreeks.

Puntemakers ) Griffons: Drieë: Jaywinn Juries (1) en Neil Stannard (1). Doelskoppe: Jaywinn Juries (2) en strafskoppe: Juries (4).

  • Juries kon daarin slaag om 21 punte vir sy span aan te teken wat vir hom en die span ’n nuwe rekord is. Griekwas: Drieë: AJ le Roux (1), Wendal Wehr (1), Anthony Volmink (1), Andrè Swarts (1) en Khwezi Mkhafu (1). George Whitehead het al die drieë verdoel.

Die Griffons sal Vrydag (10/05) teen die Blou Bulle in Pretoria te staan kom en Vrydag 17 Mei teen Namibië in Rustenburg.

Die volgende tuiswedstryd is op Saterdag 8 Junie in Welkom teen die Pumas. Almal word na die tuiswedstryde uitgenooi. Toegang is gratis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.