Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pinkster met geloofstories gevul

Die Erfdeel-gemeente in Riebeeckstad vier Pinkster saam met Jaco Strydom.

Pinksterbyeenkomste word vanjaar op 28 April om 08:45 en op 29 April om 18:30 gehou.

Strydom se geloofstorie begin in sy gr. 11-jaar toe hy op ’n belydeniskamp van die NG gemeente Fontainebleau in Randburg tot bekering gekom het. Daarna het hy by die middestadbediening MES betrokke geraak.

Die passie vir mense wat hy daar gesien het, die alternatiewe siening van kerkwees, het ’n onuitwisbare indruk op hom gemaak.

Hy het sy studie in Potchefstroom begin, maar met die sendingbediening Echo of His Call in Chennai, Indië, kontak gemaak. Dit is ook waar die Echo-jeug­bediening, waarby hy nou betrokke is, aan sy naam gekom het.

Indië duik ’n paar keer in Strydom se storie op. Moeder Teresa se bediening in Kolkata het byvoorbeeld een van die inspirerende stories van sy lewe geword.

Toe die NG gemeente Villieria in Pretoria se Moot ’n sendinggerigte jeugpos geadverteer het, het hy aansoek gedoen. Hy het ’n spreekkamer by die Hoërskool Hendrik Verwoerd en het kampe begin hou vir kinders in nood.

Van die begin af was hulle motto: “Don’t tell them Jesus loves them until you are ready to love them too”.

Dit is toe dat hulle die eerste huis begin het waar kinders in nood kon bly. By Echo is die evangelie baie meer as woorde; dit is ’n manier van lewe.

Echo-kids is verder ’n bediening wat Bybelklassies by laerskole aanbied. Daar is ook onlangs met Divorce-care begin. Dit is ’n steungroep vir kinders wie se ouers deur ’n egskeiding gaan of wat reeds geskei het.

As Strydom nou terugkyk op die 15 jaar sedert die ontstaan van die Echo-jeugbediening, voel dit vir hom dit is glad nie so radikaal as wat mense dit wil maak nie.

Vir inligting bel Rina van Heerden by 057-388-3186.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.