Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaslike kuns uitgestal
06 September 2018

Nuutgevonde Plaaslike kunstenaar Deon Trollope gebruik gewone swart inkpenne (Bic) om ingewikkelde en fyn pen- en ink-tekeninge te skep.

Deon se werke is so presies en fyn dat mense wat dit vir die eerste keer sien dit al met litografie verwar het. Die uitbeeldings in sy werke laat ’n mens glo dat daar Japanse argitektoniese invloede is, maar dit is nie so nie, sê Deon.

Deon sê hy wy tot sewe uur ’n dag aan ’n tekening.

“Baie ingewikkelde tekeninge met baie detail kan tot vier dae vat om te voltooi,” sê hy.

Deon is in 1967 in Bloemfontein gebore, en is sy hele lewe lank al lief vir teken.

“Aangesien ek nie ’n kunsonderwyser gehad het nie, kon ek skeppend wees en my eie styl ontdek. Ek het mettertyd nuwe dinge probeer en het baie hard gewerk voordat ek bevredigende resultate gekry het,” sê hy.

Nadat Deon vanjaar van Port Elizabeth na Bultfontein verhuis het, het hy begin om groot pentekeninge op A3-grootte papier te doen.

“Ek het al 48 tekeninge so voltooi. Ek het nog nooit vantevore uitgestal nie en net my familie en ’n paar kennisse het al my tekeninge gesien,” sê hy.

Deon het Vista genader om oor hom en sy werk te skryf. Elize Donovan, kunskenner, is toe gevra om na Deon se werk te kyk en sy het hom genooi om op die jaarlikse kuns- en mat-uitstalling ten bate van Engo se kinder- en jeugsorg­sentrums uit te stal.

Die kunsuitstalling word op 14 en 15 September by Elize Donovan by Jasmynstraat 11, Jim Fouchépark, gehou, en die matte kan by die Constantia-geskenkwinkel in Stateway gesien word. Daar sal ook by die kunsuitstalling ’n teetuin wees.

Vier sentrums in die Goudveld (die Welkom-jeugsorgsentrum in Othelloweg, die Merafong-jeugsorgsentrum in Seemeeupark, die Maanblom-jeugsorgsentrum in Virginia en die Welriedal-jeugsorgsentrum in Riebeeckstad) baat by hierdie projek.

Suid-Afrikaanse topkunstenaars wie se werk te siene sal wees, sluit in Hennie Niemann, Michael Heyns, Hannetjie de Clercq, Sandi Beukes, Jan Vermeiren, Pauline Gutter, Pieter van der Westhuizen, Anton Brink, Makiwa en Kaffie Pretorius.

Kaartjies kos R50 en is by die Engo-kantoor by die NG kerk Welkom of by Jasmynstraat 11 beskikbaar.

Skakel 083-632-7770 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.