Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie ondersoek voorval met honde

’n Man van Bronville beweer hy het op Saterdag 18 Januarie doodluiters om die hoek van Elite- en Amperstraat in Bronville geloop toe drie pitbull-honde hom aangeval het.

“My suster het my die aand gestuur om brood en tjips te gaan koop. Die honde het my van agter af bestorm. “Ek het skielik vreeslike pyn gevoel. Hulle was baie sterk. Hulle het my gesig, bene, kop en arms gebyt. Ek het geskreeu en mense het my kom help.

“Iemand wat ek ken het die reun met sy motor weggejaag. Die hond wou my aan die nek gryp,” sê Arnold Bezuidenhout.

Die eienaar van die honde, Elrico Caster, ’n priester by ’n kerk in Bronville, het die voorval bevestig.

“Ek was nie by die huis toe dit gebeur het nie, maar ek het self die aand vir Bezuidenhout na die polisie en die hospitaal geneem.”

Hy sê sy honde was in sy erf agter twee 2,8 m- hoë sekuriteitshekke toegesluit. My drie motors was ook binne toegesluit,” sê hy.

Deel van die polisie-ondersoek is om vas te stel hoe die honde uitgekom het. Die hekke was met slotte gesluit.

“Die polisie ondersoek die voorval. Hulle het bewysstukke opgetel,” sê Caster.

Kingley Nkala, inspekteur van die Welkom DBV sê hy het die erf en die honde besoek.

“Hulle is rustige diere en het tydens my besoek geen aggressiewe gedrag getoon nie. Ek het met die eienaar gepraat en is tevrede,” sê hy.

Kapt. Malebo Khosana, woordwoeder vir die Thabong-polisiëringsgebied het bevestig ’n saak onder die Wysigingswet op diere-aangeleenthede is dié aand by die Bronville-polisiekantoor geopen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.