Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pretstap steun sentrum
Naudeville pretstap vir Jeugsorgsentrum

Op Sondag (14/04) bied die Naudeville-kleuterskool en die Laerskool Naudeville ’n Stap vir Jesus-geleentheid aan.

“Die Naudies gee om, en om dankie te sê vir God se seëninge, gee ons graag terug aan die gemeenskap,” sê Anél van Jaarsveld, een van die organiseerders.

Die geleentheid word op die rugbyveld van die laerskool gehou en begin om 16:30 vir 17:00.

Toegang kos R10 vir volwassenes en R5 vir kinders.

“Alle geld wat ingesamel word (inskryfgeld, asook die wins op pannekoek- en koeldrank-verkope) word aan die Welkom-jeugsorgsentrum geskenk. Geen geld word vir die skool teruggehou nie,” sê sy.

Ná die stappery sal ’n Paasfeesdiens deur ds. Dawie Botes waargeneem word.

Deelnemers aan die pretstap-geleentheid kan ook skenkings vir die Welkom-jeugsorgsentrum doen.

Artikels kan by die stapgeleentheid ingehandig word, waarna dit aan die sentrum oorhandig sal word, saam met alle geld wat ingesamel word, sê Van Jaarsveld.

Bel Van Jaarsveld by 083-387-7503 met enige navrae.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.