SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Prokureur dán verhoor
abuse

’n Prokureur van Welkom wat na bewering sy twee stiefdogters, hul niggie, huisvriende se dogter en ’n maatjie seksueel aangerand en van die kinders verkrag het, sal in Maart in die hooggeregshof in Bloemfontein verhoor word.

Die prokureur het Maandag (25/11) voor regter Johann Daffue in ’n voorverhoor verskyn.

Die voorverhoor is tot laat Januarie uitgestel omdat adv. Willem Edeling SC, namens die prokureur, nog verdere besonderhede van die staat wou hê.

Die prokureur (53) staan tereg op drie aanklagte van verkragting, sewe van seksuele aanranding, twee van seksuele gereedmaking, twee dat hy kinders aan pornografie blootgestel het, een van seksuele misbruik van kinders, een van die vervaardiging van kinderpornografie, een van onsedelike aanranding op ’n kind en een van aanranding op sy vrou.

Luidens die 18 aanklagte in die klagstaat het hy in 2007 met van die kinders begin lol.

Dit het glo in Virginia begin toe hy na bewering met die oudste stiefdogter in ’n swembad gevroetel het.

Oor haar word hy van seksuele gereedmaking aangekla.

Hy word ook aangekla dat hy haar verskeie kere verkrag het.

Luidens die klagstaat word hy ook aangekla dat hy haar suster, wat twee jaar jonger is, op verskeie geleenthede verkrag het. Hy word ook aangekla dat hy haar aan pornografie blootgestel het.

Hy word verder daarvan verdink dat hy hul niggie (destyds 14 jaar oud) in 2008 met sy vinger verkrag het.

Die staat beweer dat hy in 2013 sy oudste stiefdogter se 13-jarige maatjie gesoen en haar in die volgende jaar betas het.

Luidens die klagstaat het hy in 2014 familievriende se 14-jarige dogter vasgedruk en aan haar boude gevat.

Hy word ook daarvan beskuldig dat hy sy vrou tussen 2009 en 2017 in Virginia en Welkom, waarheen hulle verhuis het, aangerand het deur haar teen ’n muur te stamp of op die bed neer te gooi.

Adv. Amanda Bester tree vir die staat op. Edeling verskyn in opdrag van Ronnie Bokwa van Bokwa-prokureurs vir die prokureur.

) Vista het voorheen berig dat die man op 26 Maart by sy kantoor in Welkom in hegtenis geneem is.

Die polisie het met sy inhegtenisneming sy selfoon, rekenaar en 191 pornografiese DVD’s in beslag geneem.

Volgens die borgtogvoorwaardes mag dié man vir die duur van die hofsaak en die gepaardgaande ondersoek geen kontak met sy vrou en sy twee stiefdogters hê nie.

Hy is intussen toestemming deur die hof gegee om kontak met sy biologiese dogter te hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.