Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Protes het trefkrag

Vrystaat Landbou (VL) het Maandag (16/11) ’n suksesvolle protesaksie in samewerking met die Hennenman-boerevereniging teen plaasmoorde gehou.

Die VL het ’n versoekskrif aan die staatsaanklaer oorhandig waarin versoek word dat geen borg toegestaan mag word vir plaasmoordenaars nie.

Meer as 400 mense het by die hof in Hennenman bymekaar gekom. Die twee verdagtes het nie ’n aansoek om borg gedoen nie.

Die bewusmaking wat geskep is danksy die VL en die boeregemeenskap en die impak daarvan het moontlik daartoe bygedra dat die beskuldigdes nie om borgtog aansoek gedoen het nie.

Die VL is gereed om borg teen te staan indien dit ’n strategie van die beskuldigdes sou wees om op ’n latere stadium met ’n dringende aansoek te kom.

Die VL verwelkom dat die SAPD ’n aangewese span kundiges beskikbaar gestel het om plaasmoorde in die Vrystaat te ondersoek.

“Die belangrikste boodskap van die dag is dat jy jouself teen misdaad moet weerbaar maak - die verantwoordelikheid begin by jou,” sê Tommie Esterhuyse, VL-vise-president.

Die plaaslike boerevereniging se voorsitter, TP Theron, het ? beroep op die protesgangers gedoen om apolities te staan, maar tog ’n sterk standpunt in te neem teen plaasmoorde en simpatie te deel met die Hills-gesin en die Hennenman-gemeenskap.

“Ons is hier om protes aan te teken teen wat in ons land gebeur. Alle moorde maak saak en spesifiek plaasmoorde in die landelike gemeenskap.” sê Theron.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.