Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pumas gryns vir Griffons

’n Witwarm wedstryd Saterdag (08/06) tussen die Down Touch Griffons en die Pumas, wat eerste op die leer van die SuperSport-uitdaagreeks lê, het vir heelwat aksie en spanning op die HT Pelatona-stadium in Welkom gesorg.

Die Pumas het goed les opgesê teen die tuisspan, wat met alles in hul vermoë tot op die einde druk op die besoekers geplaas het.

Dit was egter die besoekers wat met ’n eindtelling van 48 – 33 op die telbord geseëvier het.

Die Pumas, wat die wedstryd van die begin af oorheers het en ook eerste punte op die telbord gehad het, moes bontstaan teen die gedrewe tuisspan.

Die Perstruie was oorgehaal vir die wedstryd en het harde rugby gespeel.

Hulle het selfs met tye ’n kortkop in die harde stryd voorgeloop.

Die tuisspan het daarin geslaag om vier drieë agter die kalklyn te gaan druk, maar die skopwerk het hulle ongelukkig in die steek gelaat.

Teen rustyd was die Pumas met 24 punte teenoor die 20 van die tuisspan voor.

Die skrumskakel, Jaywin Juries, se drie saam met twee doelskoppe en twee strafskoppe was ’n persoonlike rekord vir hom om 15 punte in die wedstryd aan te teken.

Mosoeu Maruping, Nkosikhona Noguma en Alistair Mumba het die ander drieë vir die Griffons gedruk.

Die SuperSport-uitdaagreeks se halfeindronde sal tussen die Pumas en Griekwas beklink word.

Groot aksie wag op die Griffons wanneer hulle op Saterdag 6 Julie op die HT Pelatona-stadion teen Argentinië sal uitdraf.

“Die Argentyne vorm nou deel van die Curriebeker se eerste divisie en sal hulle debuut hier in Welkom kom maak,” sê Eugene van Wyk, uitvoerende hoof van die Griffons.

Die divisie sluit in die Griffons, SWD, Oostelike Provinsie, Valke, Luiperds, Grens en die Boland.

Nog ’n verrassing vir die Griffons is die terugverwelkoming van die losskakel Robbie Petzer, wat hom ná ’n baie suksesvolle seisoen by die Glendale Raptors in die Amerikaanse Major League (MLR) eersdaags weer by die Griffons in Welkom sal aansluit.

Die Argentyne vorm nou deel van die Curriebeker se eerste divisie en sal hulle debuut hier in Welkom kom maak. – Eugene van Wyk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.