Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Reik uit na ander deur goeie dade

Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:

“Practise random kindness and senseless acts of beauty.” Sal dit nou nie lekker wees as meer van ons in Suid-Afrika dit kan uitleef nie?

Ons inwoners van die Goudveld kan dit hier begin en sodoende ’n kettingreaksie laat volg deur die voorbeeld wat ons aan ander stel.

Almal kan ’n verskil in iemand se lewe maak.

Kom ons stel ons dit ten doel om sommer vandag ’n stukkie blindelingse vriendelikheid aan iemand te gee.

Dit moet iets wees waaroor ons nie eers gaan sit en dink nie, maar wat ons sommer doen omdat ons wil.

Ek het vandag besluit om vir die vriendelike outjie wat so stiptelik my Vista op Donderdae aflewer net ’n vriendelike glimlag te gee en vir hom te vra hoe dit met hom gaan.

Hy glimlag altyd en dit gee vir my die idee dat hy ’n passie vir sy werk het en ook vir die gemeenskap.

Vir hom gaan ek voortaan ’n koeldrank en ’n lekkerny aanbied – net omdat hy uitgesif is om deel van my lewe te wees.

God vra vir ons om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam.

Dit is die dinge wat as goeie beleggings vir die ewige lewe sal dien.

Vista is ’n gratis gemeenskapskoerant wat sinvolle artikels bevat.

Hierdie seun wat die Vista aflewer doen dit heel moontlik omdat hy die broodwinner is.

Vandag vra ek nederig, gee vir hom ’n breë glimlag, gee vir hom ’n high-5 en as bonus vir sy getroue diens, gee vir hom ’n glas water of ’n koeldrank.

Kom ons begin met ’n vriendelikheidveldtog en versprei dit na elkeen se hart in ons gemeenskap. Sodat elkeen ’n hart van liefde en omgee kan hê.

Die woorde “practise random kindness and senseless acts of beauty” het my aangespoor om voortaan blindelingse vriendelikheid aan my Vista-afleweraar op ’n Donderdag te betoon.

Ek weet hy waardeer die gebaar.

Hy het my geleer om goeie dade vir ander mense te doen.

Met sy glimlag en nederigheid het hy my geleer om met vreugde ’n mens te kan wees – dit kos niks en die positiewe gedagte werp werklik vrugte af.

My gebed is: Here, leer my vandag om goeie dinge vir ander mense te doen, sommer maar net omdat ek wil.

Sonder om die moeite of koste te ontsien, omdat ek dankbaar is vir al die goeie dinge wat ek van U kry en graag iets van U genade vir my wil terugploeg in ander.

Help my om dit nie langer uit te stel nie, maar om dadelik daarmee te begin. En wys my waar en hoe U dit gedoen wil hê.

Dankie vir U belofte dat ek daardeur ’n belegging vir die toekoms sal maak sodat ek eendag die ewige lewe sal verkry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.