Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rek en strek weer reg
  • Net ’n sekere getal gimnaste word per afrigter toe- gelaat
  • Sekere nie-kontaksport toelaatbaar
  •  Sekere sportkode se professionele deelnemers mag op streng voorwaardes terugkeer
So oefen die gimnaste van die Riebeeckstad-gimnastiekklub sedert Maandag 22 Junie, en almal is bly dat hulle weer mag oefen. Van links is Annche Zwarts, Allison Karpakis, Lee-Andri Welgemoed en Michellé van der Westhuizen. Foto’s: Verskaf
Gimnaste van die Riebeeckstad-gimnastiekklub het Maandag 22 Junie, onder streng voorsorgmaatreëls, begin oefen. Hier is Annche Zwarts (links) en Michellé van der Westhuizen besig om voor oefening hul hande met handreiniger by die klub te ontsmet.

Die Riebeeckstad-gimnasiekklub is verheug dat dié sportkode hul oefeninge mag hervat.

Ons is baie dankbaar dat ons weer mag begin oefen en ek glo my gimnaste is nou baie opgewonde

Verskeie sportsoorte is na die verslapping van die staat van inperking na vlak 3 nou toelaatbaar en sal stelselmatig weer begin. Talle sportlui het gejuig na die aankondiging vroeër in die maand gemaak is.

“Ons is baie dankbaar dat ons weer mag begin oefen en ek glo my gimnaste is nou baie opgewonde,” sê Christine Deas die eienaar van die Riebeeckstad-gimnastiekklub.

Die klub het op Maandag 22 Junie hul oefensessies hervat nadat Suid-Afrika se Gimnastiek Federasie (SAGF) skriftelik die gimnastiekklubs in kennis gestel het. Al die nuwe regulasies moes voor die heropening in plek gestel word om gimnaste se veiligheid te verseker.

“Net ’n sekere getal gimnaste word per afrigter toe- gelaat en natuurlik na elke oefensessie word die matte en saal gesaniteer,” sê Deas.

Die klub het ekstra oefentye ingewerk om al die gimnaste te kan akkommodeer.

Nie-kontaksport soos tennis, gholf, gimnastiek, branderplankry en kanovaart is onder die nuwe regulasies toelaatbaar.

Meer inligting oor hoe al die sportsoorte nou hervat mag word, sal deur die department van sport, kuns en kultuur soos die sporte weer toegelaat word, bekend gemaak word. Nathi Mthethwa, die minister van sport, kuns en kultuur, se regulasies wat in die Staatskoerant gepubliseer is, sê steeds dat slegs professionele atlete in nie-kontaksporte aan wedstryde mag deelneem.

Die sportkodes wat rugby, sokker, motorsport, netbal, atletiek en hokkie insluit se professionele deelnemers mag ook op streng voorwaardes terugkeer, maar slegs na die oefenveld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.