Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Reünie vir oud-inwoners, inwoners van Virginia beplan

’n Reünie vir alle oud-inwoners van Virginia en ook inwoners wat nog steeds in Virginia bly, word beplan.

Antoinette Schoeman, ’n oud-inwoner van Virginia, reël dié reünie.

Almal is welkom, maar jy moet vir minstens 30 jaar in Virginia gebly het of steeds daar woon.

“Ek beplan ’n aansit-driegangmaaltyd. Ek kan julle verseker, dit is beslis die beste sjef in die Vrystaat wat hierdie taak gaan aanpak.

“Sy is bekend vir haar heerlike geregte en bly ook al vir 70 jaar in Virginia. Ons eie juffrou Truida Coetzee Fourie gaan na ons palette omsien,” sê Schoeman.

Daar word musiek vir alle smake beplan en daar gaan heerlik gedans word.

Die prys sal later bepaal word.

Belangstellendes moet so gou moontlik hul kontakbesonderhede vir Schoeman stuur. ’n Lokaal, groot genoeg vir 200 mense, is beskikbaar.

Die eerste 200 mense wat vir Schoeman kontak, se plekke is bespreek.

Stuur jou naam, van, waar jy nou woon, jou e-posadres en kontaknommers na 083-340-7231 of 076-122-2443, of skakel 057-388-3047.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.