SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
‘Risiko’s met lewens ondenkbaar’

“Die SAPD se tekort aan voertuie is een van die hoofredes waarom daar ’n gebrek aan voldoende dienslewering is,” sê Leona Kleynhans, DA-LPW in die Vrystaat.

Nie minder nie as 180 voertuie staan glo vir herstelwerk by die polisie se werkwinkel in Welkom, maar daar is geen onderdele in voorraad nie. Boonop is geen onderdele bestel nie, met die gevolg dat die voertuie nog tot in die nuwe jaar nie gebruik kan word nie.

Kleynhans sê die party het jare daaroor gekla dat die polisie te min geld kry en dat een van die hoofprobleme ’n tekort aan voertuie is.

Sy sê ook dat die blitspatrollie in Welkom geen voertuie beskikbaar het sodat lede na tonele van misdaad of moontlike misdaad kan ry en ondersoeke doen nie.

“Die feit dat daar geen onderdele in die afgelope maand bestel is nie, verhinder die werkwinkelpersoneel om hul werk te verrig.”

Kleynhans sê die party pleit dat die logistieke departemente in die polisie behoorlik toegerus word om hul werk te doen.

Sy sê dit is ondenkbaar dat risiko’s geneem word met die lewe en veiligheid van Vrystaters weens die tekort aan basiese toerusting en onderdele om voertuie te herstel.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê voertuie word daagliks om verskeie redes na die werkwinkel gebring.

Die getal voertuie daar verskil van dag tot dag.

“As polisiebestuur is ons bewus van die situasie en ons is bekommerd, veral met die feestyd wat voorlê.”

“Dit is egter deel van ons werk om sulke omstandighede te hê, veral wanneer ons ons optredes verskerp.”

“Die onbeskikbaarheid van voertuie by verskeie eenhede en polisiekantore is ’n bekommernis en wanneer voertuie beskikbaar is, sal dié eenhede en polisiekantore geprioritiseer word. Dit sluit die Welkom-blitspatrollie in,” sê Makhele.

Hy verseker Vrystaters dat die polisie steeds die provinsie met beskikbare hulpbronne kan dien en inwoners in die feestyd kan beskerm.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.