Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rolbal die beste pleister vir die siel
rolbal

Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:

Om rolbal te kan beoefen en te speel, is ’n groot voorreg. Daar is geen ouderdomsbeperking nie.

Ons het vir agt weke lank ons tentpenne by die Eiland-Spa-oord ingeslaan gehad. Ons het elke dag, behalwe Woensdae en Sondae, gespeel. Dit maak jou hart warm om te sien hoeveel jong mense, selfs kinders, die sport beoefen.

Hierdie spel is ’n gesonde en wonderlike sport. Jy leer om sosiaal te verkeer en die staaltjies wat op die baan vertel word, is blywende herinneringe. Etiket en dissipline is baie belangrik en nederigheid ’n bonus.

Jy leer om te fokus en doelgerig te wees. Jou brein werk gedurig, want jy wil jou wedstryd wen.

Rolbal is ’n spel wat in al die seisoene gespeel kan word.

Ek glo daaraan dat dit in ’n mate demensie en Alzeimers kan voorkom en verligting bied. Dit kan nie hierdie siektes genees nie, maar dit kan jou lewenswyse verander. Jy is gedurig in kontak met mense en jy hoef nie te vereensaam nie.

Rolbal is beslis die beste pleister vir jou siel en vitamiene vir jou liggaam.

Ek sou baie graag wil sien dat ons jong mense hulle by die verskillende klubs in die Goudveld aansluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.