Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Rooi Trem’ stop

Lede van Hennenman se leeskring en ander gaste het op Maandag 27 Mei op die maandelikse byeenkoms by die plaaslike biblioteek met Stephanie en Henk Rappard, ’n outeur-egpaar, kennis gemaak.

Die Rappards het hul boek, Die Rooi Trem, met die groep kom bespreek.

Sedert sy verskyning het die boek baie media-aandag gekry. Verskeie radiostasies het met die egpaar onderhoude gevoer, en artikels oor hul storie is in tydskrifte en koerante publiseer.

Hulle is ook genooi om deel te wees van die Plus50-program Huppel in die Stap wat in Julie op kykNET uitgesaai gaan word.

“Ons vermoed mense wil tog nog soms oor die liefde lees,” meen dié egpaar.

“Veral dié wat nog aan geesgenote en onverklaarbare toeval glo.”

Henk en Stephanie se boek handel oor hul magiese herontmoeting oor vastelande heen ná 40 jaar.

Hulle het mekaar in die laat jare sestig as hoërskoolleerlinge in Sasolburg ontmoet. Henk, ’n Nederlander van Den Haag, was toe vir slegs drie jaar in Suid-Afrika om sy skoolloopbaan te voltooi.

Hy en Stephanie was op skool gekys, maar moes in 1972 afskeid neem toe die Nederlandse weermag hom vir sy diensplig oproep.

Die boek handel oor die eerste twee jaar ná hul herontmoeting in 2012: hul verblyf in verskillende woonplekke in Den Haag, hul aanpassing om as volwassenes weer bymekaar te wees, die aanvaarding van die verlede, taal- en kultuurverskille, die ontmoeting met albei se kinders en kleinkinders en groot besluite rakende die toekoms. Ook hul kennismaking met ’n paar geraamtes in die kas . . .

“ ’n Mens is nooit te oud om nuwe uitdagings aan te pak nie,” sê Stephanie.

“Dit is nog lekkerder as dit saam met jou sielsgenoot kan wees.”

Op die leeskring se byeenkoms is ook aangekondig dat Marieta Ferreira erelidmaatskap ontvang het.

Ferreira (87) is ’n stigterslid van die leeskring wat in 1974 begin is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.