Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rum fluit-fluit die beste

Dit is nie net op sportgebied wat Vrystaters weer die afgelope tyd hul staal getoon het nie, die beste donker rum ter wêreld word buite Hennenman in die hartjie van die provinsie gedistilleer.

Die Bruns-broers en hul swaer Stephan de Vos se gedistilleerde rum is Woensdagaand op ’n spoggeleentheid as die beste uit 200 inskrywings van oor die wêreld heen aangewys.

Sanri van Wyk, skakelbeampte van Whistler Rum, sê dié rum het die goue medalje op die eerste Old Mutual Spirit Show verwerf en in die kategorie vir speseryrum het Whistler ’n bronsmedalje verwerf.

Leon Bruns en sy regterhand, Kantoor Mzika, het dié prestasie behaal, skaars 18 maande nadat hulle begin het om rum te maak.

Bruns sê hulle het vir die kompetisie ingeskryf omdat hulle graag opbouende kritiek van kenners wou hê om hulle produk te kan verbeter.

Min het die twee groentjies geweet dat drie wêreldkenners sou dink hul rum verdien ’n goue medalje.

Mzika sê hy kon dit nie glo nie toe Bruns hom bel met die goeie nuus.

David Boyd, afgetrede hoof van Chivas Regal se produksiespan, David Smith, ’n Britse jenewerkenner en Jerome Royer, president van die Franse Brandewynfederasie, was die drie internasionale beoordelaars.

Plaaslike fynproewers wat beoordeel het, is Simone Musgrave, Mare-Loe Prinsloo, Andy Watts, Kresan Naidu, Dave Gunns, Mark Backhouse, Marlene Bester en Pieter de Bod.

Van Wyk sê dié pryse bewys dat die Vrystaat nie net goeie rugbyspelers uitvoer nie maar nou ook gehalte-drank by sy lys van spogprodukte kan voeg.

Die rum word in egte Afrika-styl gemaak, wat vereis dat die rumstoker ’n gebore Afrikaan moet wees terwyl die grondstowwe, die rumvate en die toerusting alles uit Afrika-bodem moet wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.