Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sakeman tronk toe ná bedrog
sakeman tronk toe

’n Bekende sakeman van Welkom is in die streekhof vir nege jaar tronk toe gestuur nadat hy op 404 aanklagte van BTW-bedrog van meer as R19,8 miljoen skuld beken het.

Recado William Davids (43) van Anglostraat, Bronville, het ter strafversagting gesê hy het valse BTW-eise ingedien en die geld op dobbel en dwelms bestee.

Terwyl hy vroeër ’n vonnis vir strafbare manslag uitgedien het, het hy in die tronk aan dwelms verslaaf geraak. Toe hy uitkom het hy begin dobbel om geld te probeer wen om dwelms te koop.

Hy het te veel geld verloor wat daartoe gelei het dat hy die valse BTW-eise ingedien het, sê hy in sy skriftelike vonnisooreenkoms met die staat.

Streeklanddros Hannes Smith het hom op 23 Augustus tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan ses jaar voorwaardelik opgeskort is. Hy is in die streekhof in Welkom gevonnis.

Alle aanklagte teen sewe van sy familielede en vriende, wat vroeër saam met hom aangekla was, is laat vaar.

Hy sê in sy pleitverduide­liking dat hy beheer oor die entiteite oorgeneem het toe hy die bedrog tussen 2008 en 2015 gepleeg het.

Ter strafverswaring het die hof aanvaar dit is ernstige misdade wat goed beplan en oor ’n lang tyd uitgevoer is. Hy kan ook niks van die geld aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) terugbetaal nie. Hy is ook nie ’n eerste oortreder nie.

Adv. Allen Simpson het aangekla. Adv. Johann Nel SC, in opdrag van André Podbielski van Podbielski-prokureurs, het vir Davids opgetree.

Die strafregtelike ondersoekeenheid van die SAID se kantore in Kimberley en Kroonstad was namens die SAID by die ondersoek betrokke. Speurder ao. Elmarie Crous van Welkom was die polisie se ondersoek­beampte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.