Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sakevrou wen in VSA
Marelize Joubert (39)

Die beeldskone en dinamiese Marelize Joubert (39) van Welkom het Goudvelders weer trots gemaak. As verteenwoordiger van Suid-Afrika in die Mrs International-kompetisie het sy die Director’s Leadership Award gewen.

Die gesogte kompetisie wat aan die begin van September in New York gehou is, beoordeel nie net die skoonheid van vroue nie, maar hulle word ook beoordeel op grond van besigheids- en gemeenskapsontwikkeling.

“Dit het werklik baie goed gegaan in die kompetisie en om die gesogte eerbewys te wen, stel my in staat om die pad verder met die bestuur van die kompetisie te stap. Ek kon reeds buitelandse beleggers vind wat my met my gemeenskapsprojek, die Agape-tehuis in Winburg, gaan help,” sê Joubert.

Sy het nou in drie gesogte skoonheidskompetisies presteer.

Joubert was ’n finalis in Mev. Verenigde Nasiesin 2015 en was eerste prinses vir Mev. Statebond Suid-Afrika vir 2015-’16.

Die kompetisie in New York was vir haar ’n ongelooflike ervaring. Die finaliste het in die Empire Hotel in New York gebly en sy het baie nuwe vriendinne van verskillende kulture en lande van oor die wêreld heen gemaak.

Joubert woon al die afgelope 15 jaar in Welkom en is ’n pastoriekind van Winburg. Sy het aan die Hoërskool Winburg gematrikuleer en het die volgende grade aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf: BCom in menslike hulpbronne en BCom (Hons.) in bedryfsielkunde. Sy het ook ’n MBA-graad aan die Noordwes-Universiteit verwerf.

Sy is die direkteur van MJ Corporate Development wat in vaardigheidsontwikkeling en indiensnemings- gelykheid spesialiseer.

Sy gee ook klas vir volwasse studente en is die eienaar van MJ Productions.

Joubert is gaande oor Afrikaans en skryf Afrikaanse toneelstukke, komedies en kabarette.

Sy doen ook haar doktorsgraad. Daarby kan sy mooi sing en die tjello bespeel.

Hierdie kompetisies het al baie deure vir die Agape-tehuis vir mense met verstandelike gestremdhede in Winburg oopgemaak.

Omdat sy van uitdagings hou, neem sy graag aan skoonheidskompetisies deel. Sy geniet dit vreeslik om al die interessante mense in die kompetisie te ontmoet.

“Hierdie kompetisies het al baie deure vir die Agape-tehuis vir mense met verstandelike gestremdhede in Winburg oopgemaak. Ek gebruik die bemarking en blootstelling wat hiermee saam kom, om bewusmaking vir Agape te bring. Ek is die Agape-tehuis se ambassadeur en beskermvrou,” sê Joubert.

Daar is tans 40 inwoners en die tehuis is afhanklik van skenkings om voort te bestaan. Bel Joubert by 076-440-5837 om ’n bydrae te maak.

Joubert is vir eers klaar met skoonheidskompetisies en sy wil nou op die doktorsgraad in antropologie fokus.

Sy is met Francois getroud en hulle is die trotse ouers van drie seuns, Francois (9), Ruben-Andre (8) en Mighael (5).

Meer oor:  Vsa  |  Sakevrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.