Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seminaar by kerk ondersoek interkulturele bediening

Die NG moedergemeente Riebeeckstad, in samewerking met die Ebed Melech-instituut van Pretoria, bied op 16 en 17 April ’n interkulturelebedieningseminaar aan.

kardinale belang vir die gemeenskap om die huidige konteks van vandag van kerk wees te verstaan.

Die doel van die seminaar is om te gesels oor hoe gemeentes interkultureel kan dink en doen, en dit bespreek ook die uitdagings wat daarmee gepaardgaan.

Almal word genooi om dié seminaar by te woon om die nuwe denkwyse van die kerk te omarm en te verstaan dat die kerk van vandag dit nodig het.

Die Moeder Gemeente Riebeeckstad, in samewerking met Ebed Melech Institute van Pretoria, hou vanaf 16 tot 17 April ’n seminaar rondom Inter-kulturele-kerk-bediening.

“Dat mense na die Goudveld verhuis, of selfs net van een woonburt na ’n ander,n selfs net van een woonbuurt na ’n ander, verg dat die kerk nuut moet dink en doen,” sê Nel.“Oor die afgelope klompie jare het die Goudveld en omliggende dorpe se samestelling radikaal verander en dit het groot uitdagings vir kerke gebring.” “Uitdagings is nooit maklik nie en ons kan of veg, of laer trek of weg hardloop, maar uiteindelik moet ons leer om ons uitdagings te omarm,” sê ds. Christo Nel van die NG moedergemeente Riebeeckstad.

“Ons wil almal help om hierdie uitdagings te omarm.

Belangstellendes kan hulle vir dié seminaar registreer deur die kerkkantoor by 057-388-2697 te skakel, of ’n e-pos na riebkantoor@lantic.net te stuur.

Die seminaar sal op Dinsdag 16 April van 18:00 tot 21:00 aangebied word, en op Woensdag 17 April van 08:30 tot 16:45 en weer van 18:00 tot 21:00. Bywoning van die volle seminaar kos R250 per persoon, maar enigiemand kan die aandsessie teen R50 bywoon.

Bel Nel by 076-943-2006 vir meer inligting, of stuur ’n e-pos na soekie@lantic.net.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.