Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seun (7) dood, 4 beseer

’n Bekende leraar van Welkom se kleinseun (7) is op slag in ’n motorongeluk dood.

Die afgetrede leraar, Andrè van Zyl, van die Lighuis Jesus-bediening in Welkom, se vrou en dogter met haar kinders was Dinsdagoggend (26/06) onderweg na Jeffreysbaai.

Van Zyl se dogter Tina Clayton wat die motor bestuur het, het beheer verloor waarna die motor verskeie kere gerol het.

Die ongeluk het omstreeks 09:30, sowat 20 km suid van Bloemfontein, gebeur.

Nellie van Zyl (70) was in die motor vasgekeer en Tina en die drie kinders is uit die motor geslinger.

André was ten tye van die ongeluk nog in Welkom.

Hy sou hom volgende week by hulle in Jeffreysbaai aangesluit het.

Owerhede was omstreeks 09:55 op die toneel en die sewejarige Adam is op die ongelukstoneel dood verklaar.

Tina, Nellie en die twee dogters is met veelvuldige beserings in ’n hospitaal in Bloemfontein opgeneem.

’n Emosionele Van Zyl het aan Vista gesê dat Tina én Nellie gister geopereer is.

Melody (5) het ook baie seergekry, maar haar toestand is stabiel.

Die familie is in rou gedompel oor die gebeure.

“Die 70-jarige vrou was in die voertuig vasgekeer, en die bestuurder en die drie kinders is etlike meters ver uit die motor geslinger,” sê Russel Meiring, woordvoerder van ER24.

Meiring het bevestig dat die sewejarige seun dood op die toneel verklaar is en dat gespesialiseerde toerusting gebruik moes word om Nellie uit die motorwrak te sny.

Van Zyl het sy laaste preek op Sondag 6 Mei in Welkom gelewer en die egpaar het beplan om hulle binnekort in Jeffreysbaai te vestig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.