Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sharks laat byt Griffons in stof

Die Down Touch Griffons het Saterdag (05/05) in die stof gebyt toe die Cell C Sharks hul eerste oorwinning vir die seisoen op hul tuisveld in Durban behaal het.

Die Sharks het die Griffons met 33 – 22 geklop.

Die Sharks het met mening ingeklim en binne die eerste 15 minute van die wedstryd punte op die telbord aangeteken.

Losskakel Garth April het ’n uitstekende wedstryd gehad. Hy het die Griffons se verdediging vlugvoetig omseil en was verantwoordelik vir van die eerste punte op die telbord en kort ná die afskop was die telling reeds 19 – 0 in die Sharks se guns.

Die Griffons het goed beheer geneem en teruggeslaan met twee drieë wat deur Gavin Annandale (slot) en Anrich Alberts (haker) aangeteken is, wat die telling na 19 – 10 verander het.

Die Griffons het moedig teruggeveg en Claassens het in die 78ste minuut groot opwinding verseker toe hy die laaste drie gedruk het.

Griffons puntemakers:

Gavin Annandale, Anrich Alberts, Cody-Anthony Basson en Niel Claassens. Jaun Kotze het een doelskop oorgesit.

Sharks puntemakers:

  • Jeremy Ward, Hyron Andrews, Leolin Zass, Garth April en Grant Williams. April het drie van die vier doelskoppe aangeteken en Danrich Visagie een. Die Griffons sal op Saterdag 19 Mei teen die Griekwas in ’n wegwedstryd te staan kom.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.