Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sibbe maak inperking só draagliker
  • Ryan oefen klavier, neem oulike foto’s 
  • Tené gaan stap elke oggend
  • Dan doen sy en haar ma  huiswerk
Tené leer die poppe Engels in haar inperkingskool.
Ryan wys hier sy nuwe “lockdown” haarstyl.
Tené is ’n ywerige bakker en geniet dié tydverdryf tydens inperking. Foto’s: Verskaf
Ryan help graag in en om die huis tydens inperking. Hier braai hy vir sy gesin.

Ryan: Vanjaar gaan daar geen derby wees nie, geen matriekafskeid en geen prysuitdeling nie

Terwyl die gr. 7- en gr. 12-leerlinge reeds op 1 Junie kon terugkeer skool toe, was die frustrasies van tuisbly nog steeds die voorland van leerlinge in die ander grade.

Die boetie-en-sussie-span van Ryan en Tené Martin van Welkom laat egter nie die mure van hul huis hulle inperk nie. Hulle hou hulself op allerlei maniere besig en bly gemotiveerd.

Ryan (14) is ’n gr. 8-leerling aan die Goudveld-Hoërskool, en Tené (10) ’n gr. 4-leerling aan die Welkom-Volkskool.

“Tydens die grendeltyd het ek vinnig vir myself ’n nuwe ‘normale’ roetine geskep. Soggens vroeg draf ek 2 km, daarna help ek my ouers met takies in die huis en tuin, en dan het ek heelwat aanlyn klasse,” sê Ryan.

Tené: Ek sien uit dat die skool moet begin en om weer my vriende te sien

Hy oefen klavier, neem oulike foto’s van die diere en oefen hokkie.

“Vanaf vlak 3 mag ek met my perde gaan oefen, waaroor ek bly is. Ek het hulle die meeste gemis.”

Hy speel ook graag aanlynspeletjies met sy vriende.

“Ek sien uit dat die skool moet begin en om weer my vriende te sien. Maar ek ver- wag dat die skoollewe soos ons dit geken het, iets van die verlede is.

“Vanjaar gaan daar geen derby wees nie, geen matriekafskeid en geen prysuitdeling nie. Gelukkig dink my skool buite die boks en het ek aan die eerste virtuele Mnr. en Mej. Goutie-kompetisie deel- geneem. Ek is aangewys as Mnr. Tuistalent Junior en Mnr. Persoonlikheid Junior. Hierdie jaar gaan ek beslis onthou,” sê hy.

Tené gaan stap elke oggend. Dan doen sy en haar ma, Thelma Marx, huiswerk.

“My mamma is nie so ’n goeie juffrou soos my eie juffrou Hanlie nie, maar sy probeer haar bes,” sê Tené.

Tené geniet dit om te bak en om kuns te doen.

“Ek speel met my diere en my boetie het nou tyd om my te leer om mooi foto’s te neem.”

Sy is veral opgewonde dat sy nou weer kan perdry.

“Ek wil graag teruggaan skool toe en ek mis my onder- wyseresse verskriklik baie. Ek mis dit om met my maats te speel,” sê sy.

Tené besef die gevolge en regulasies wat saam met Co- vid-19 gepaard gaan.

“Mamma het gesê ons moet maskers dra, kort-kort hande was en omtrent vier skooltasse se afstand tussen mekaar hou. Geen drukkies, en soggens word my temperatuur geneem. Ek is skrikkerig vir die virus en ek is bekommerd dat die masker my benoud gaan laat voel. Ek wonder hoe hard ek sal moet praat sodat al my maatjies my kan hoor.”

Tené sê net soos Liewe Je- sus die Israeliete gehelp het toe hulle in die moeilikheid was, so sal Liewe Jesus vir haar ook hierdeur help.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.