Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sigaretverbod ook ongesond
Cigarette ban is bad for your health
Cigarette ban is bad for your health

Rubin Proos, Welkom:|

Ek het na dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se aan­kondiging aangaande die verkoop en verbanning van sigarette op televisie geluister.

Ek rook al vir 56 jaar. My hartspesialis het my aangeraai om nie op te hou rook nie as gevolg van die skok wat dit op my liggaam sal hê.

Ek weet ek is nie die enigste persoon in Suid-Afrika wat met dié probleem sit nie.

Dit is wettig om in my erf dagga te rook, dít is deur die regering goedgekeur, maar dit is onwettig om sigarette op my erf te rook.

Sigarette word teen ’n belaglike prys orals verkoop. ’n Karton sigarette word tans tussen R700 en R1 000 stuk verkoop, en dit kos R100 vir ’n pakkie.

Drank word nou beskikbaar gestel, wat net soos dagga as ’n wettige dwelm in ons land geklassifiseer kan word.

Mense ry van 1 Junie af dronk rond op soek na sigarette, wat beteken padongelukke en gesins­geweld gaan vererger.

Mense onder die invloed van drank pas ook nie sosiale afstand behoorlik toe nie.

Ek, byvoorbeeld, rook nie ’n sigaret en slaan my vrou nie.

Ek gebruik tans Nicorette wat wel help, maar soms kry ek angsaanvalle en hartkloppings.

My vraag is egter: Hoe redeneer die regering in dié geval, en wat moet ons mense met hart- of ander gesondheidsprobleme doen?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.