Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skertser tree op

Schalk Bezuidenhout, die krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies en skerp tong, is ’n opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse skerpskertsery.

Hy sal Vrydag (11/05) die eerste keer in Welkom optree met sy eenmanvertoning Voksbesit. Die vertoning sal in die Ernest Oppenheimer-skouburg plaasvind.

Sedert hierdie boorling van Kemptonpark in 2015 en 2017 in die komediant Trevor Noah se voorprogram opgetree het, en sy eenman­vertoning op Comedy Central uitgesaai is, het hy vinnig ’n huishoudelike naam geword.

Hy het ook reeds twee Comics Choice-eerbewyse en ’n gesogte Safta-prys gewen.

Schalk is deesdae ’n bekende gesig op televisie.

Hy laat kykers skater met sy vertolking van Danny in die kykNET-reeks Hotel, en as nuusleser van die satiriese nuusprogram Die Ware Naarheidmet Schalk Bezuidenhout, ook op kykNET.

Schalk het reeds oor die land heen met Voksbesit getoer. en verlede jaar by die Woordfees, KKNK, Vrystaat Kunstefees, Innibos en Aardklop vir duisende feesgangers met hierdie vertoning laat skaterlag.

Hy het ook in Oktober verlede jaar ’n DVD van Voksbesit opgeneem by Evita se Perron in Darling.

Die vertoning begin om 20:00, en kaartjies kos R100 per persoon.

Geen kinders jonger as 14 word toegelaat nie.

Skakel 057-357-214.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.