Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Slimkop volg in ousus se voetspore
Inge

Inge Delport van Hennenman sê sy gaan nie in haar pa, dr. Francois Delport, se voetspore volg nie, want die mediese beroep is vir haar ’n bietjie grillerig.

Inge, ’n oudleerling van die Hoërskool Hennenman, het nege onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal.

Sy sê sy het ’n kop vir syfers en gaan soos haar suster, Marizanne, BCom (aktuarieel) aan die Noordwes-Universiteit studeer om as ’n geoktrooieerde rekenmeester te praktiseer.

Marizanne het in 2016 se matriekeindeksamen ook nege onderskeidings behaal.

Inge is ’n plaasmeisie en sê die eindeksamen was vir haar die ergste tyd van haar skoolloopbaan omdat sy ongelooflik hard gewerk het.

“My ouers sê hulle het maar min van my gesien. As die leerdery te erg geraak het, kon ek darem oor die plaas uitkyk en vir ’n draffie gaan.”

Inge is ook lief daarvoor om te dig en het in 2015 die ATKV-Jip-gedigtekompetisie se junior afdeling vir hoërskoolleerlinge gewen.

Sy sê sy hou steeds daarvan om gedigte te skryf en as iets haar raak, dig sy graag daaroor.

Inge het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering, wiskunde, fisiese wetenskap, lewens­wetenskapp, rekeningkunde, besigheidstudie en addisionele wiskunde verwerf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.