Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sokkerklub het hulp nodig

Die Superstars-sokkerspanne van Bronville wat deur Zana Howard en Bernito Claassen afgerig word, het hulp nodig om hul klub te vestig.

Dié sportklub se doel is om kinders op ’n gesonde manier besig te hou.

Omdat kinders gereeld sonder toesig in die strate sokker speel, is die program ook geskep om kinders veilig te hou en hulle teen misdaad en moontlike ongelukke te beskerm, omdat hulle in die strate sokker spee.

Die betrokke spelers se ouderdomme wissel van 7 tot 14 jaar.

In dié stadium is daar nie sportgeriewe wat die Superstars kan benut nie.

Die spelers benodig ook sportdrag.

“Die spanne sukkel sonder die nodige toerusting,” sê Charlie Brown, hoof van die nasionale Griekwaraad.

“Enige skenking om die sokkerspanne te ondersteun, sal waardeer word.”

Brown verseker dat alle skenkings streng gemonitor sal word.

Belangstellendes wat by die klub betrokke wil raak, kan Brown by 084-222-0717 bel, of ’n e-pos na cb0717@gmail.com stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.