Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Span oordonder in wedstryd

Oorwinning het vroeg-vroeg in die lug oor die Bronville-stadion gehang, toe die Pioneers-rugbyspan soos vuurvreters met die Mangaung III-rugbyspan afgereken het.

Die Pioneers het Saterdag (13/04) in die tweede wedstryd van die Cheetah-liga teen Mangaung III kragte gemeet.

In die tweede helfte is die wedstryd gestop, 20 minute voordat die eindfluitjie moes blaas, met ’n reuse-telling van 110 – 0 op die telbord in die guns van die Pioneers.

Van kort ná afskoptyd het die Pioneers die wedstryd oorheers en in die eerste vyf minute reeds drie drieë gedruk en verdoel.

Die rustydtelling was 57 – 0 in die guns van die Pioneers.

“Ons span was oor­donderend en het die besoekers op hul neus laat kyk,” sê Shamila Louw, hoofafrigter van die Pioneers.

Hy sê daar is altyd ruimte vir verbetering en hulle probeer ook om volgende jaar in ’n hoër liga te speel.

Tot dusver is die Pioneers onoorwonne, vroeg in die rugbyseisoen.

  • Puntemakers:

Drieë: Jeanay van Wyk (3), Surandyn van Heerden (3), Alden Davids (2), Daniel Jacobs (2), Curtley Hendricks (2), McMillan Rakgosi (2), Zabrian Coetzee (1) en Bevan Goliath (1).

Doelskoppe: Salenighyn van Heerden (12) en Curtley Hendricks (3).

Die tweede span, wat reeds vyf wedstryde in sy liga gespeel het, is ook onoorwonne. Die span sal op Saterdag 27 April teen die span van die Old Greys-klub in Bloemfontein uitdraf.

Die Pioneers spog ook met splinternuwe rugbytruie wat ’n baie sterk boodskap uitdra: “Say NO to Drugs”.

Die klub beplan ’n sewesrugbytoernooi vir 15 en 16 Junie.

Borge word egter benodig en die klub vra die gemeenskap en ondernemings om hom in die gemeenskaps­projek te steun.

Die toernooi word aangebied ter bewusmaking oor dwelmmisbruik in die gemeenskap.

Om navrae oor die Pioneers of die sewesrugbytoernooi te rig, bel Louw by 079-995-3539, Bevan Van Heerden by 083-825-3290, Faizel Ayford by 074-969-2453 of Harry Davids by 063-423-4538.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.