Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Speler wil gholf in streek bevorder

Gholf is sy passie en sy droom is om gholf te bevorder en te ontwikkel tot in alle uithoeke van die streek.

Matt Matthysen (55), ’n professionele gholfspeler, speel al meer as 27 jaar amateur- en professionele gholf in die Goudveld.

“Gholf is my lewe en dit is hierdie passie wat my laat besluit het om die gholfpark aan die begin van 2019 te open,” sê Matthysen.

Dié park is in die middel van Welkom tussen Mediclinic Welkom en Virgin Active geleë.

Die doel van die gholfpark is om gholfontwikkeling te bevorder.

Dit is oop vir almal wat in gholf belangstel, van beginners tot gevorderde spelers.

“Sover my kennis strek is daar nie geriewe wat op gholfontwikkeling in die Goudveld of in die Vrystaat konsentreer nie,” sê Matthysen.

Hy neem die afgelope vyf jaar aan die professionele Senior Sunshine-toer deel en voor dit het hy vir 22 jaar amateur-gholf gespeel.

Matthysen het boonop vier Vrystaatspanne verteenwoordig, en was al die jare as gholfspeler ’n lid van die Oppenheimer-gholfklub in Welkom.

Hy het dié klub as amateur op provinsiale vlak verteenwoordig en het ook vir die Vrystaat-plattelandspan gespeel.

“Amateur-gholf is lekker en opwindend, maar met professionele gholf vat jy jou spel na ’n heel ander vlak toe.

“Professionele gholf gaan oor jou ingesteldheid. Jy speel professionele gholf met jou kop. Jy moet fisiek en geestelik ten alle tye op jou beste spel wees,” sê hy.

Matthysen het sy visie met sakeman, Johan Cronje, gedeel. Die gholfpark is op grond ontwikkel wat aan Cronje behoort, en saam het hulle dit ’n werk- likheid gemaak.

Jy speel professionele gholf met jou kop. Jy moet fisiek en geestelik ten alle tye op jou beste spel wees. – Matt Matthysen

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.