Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spoguitrustings geskenk
06 September 2018

Goldfields Hospice het Maandag 27 Augustus ’n noodkreet uitgestuur om minder bevoorregte leerlinge met uitrustings vir hul matriekafskeidgeselligheid te help.

Matriekafskeid­rokke, uitrustings vir seuns, en ook skoene, is benodig.

In vier dae is daar meer as 40 aandrokke, ’n verskeidenheid klere vir seuns, en meer as 20 pare skoene, vir dié projek ingesamel.

Die klere sal aan matrikulante geleen word sodat hulle spesiaal op hul belangrike aand kan voel.

“Ek kan nie genoeg dankie sê aan almal wat bygedra het tot hierdie blits-projek nie.

“My hart blom om te weet dat die Welkom-gemeenskap so vrygewig is en saam kan staan in tye van nood,” sê Marli Young, bestuurder van Goldfields Hos­pice.

Hospice gaan volgende jaar met die projek voortgaan.

“Mense wat klere wil skenk, kan dit by die Hospice by Montaguestraat 58, Bedelia, afgee sodat ons dit volgende jaar tydens die matriekafskeidgesellighede aan matriekleerlinge in nood kan uitdeel,” sê Young.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.