Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sportman betreur

’n Bekende in Goudveldse sportkringe, Muis Olivier (88), is op 7 Desember dood.

Prostraatkanker is verlede jaar in Januarie by Olivier gediagnoseer.

Nadat hy chemoterapie ontvang het, was hy in remissie. Die kanker het egter teruggekeer en onder meer na sy lewer en blaas versprei.

Hy was 34 jaar lank, tot in 2019, ’n tennisafrigter vir beginners by die Welkom-Volkskool.

Hy was ook voorheen by die St Dominic’s College betrokke, waar hy veral ontluikende tennisspelers van gr. 1 tot gr. 3 se vaardighede geslyp het.

Olivier is op 29 Mei 1932 in Rosendal gebore.

Hy het in Desember 1951 in Senekal gematrikuleer, en dit is daar dat hy die bynaam “Muis” gekry het.

In sy jongdae het hy vir die Vrystaatse en Suid-Afrikaanse plattelandse krieketspan gespeel.

Die hoogtepunt van sy sportloopbaan was juis toe hy vir die Suid-Afrikaanse plattelandse krieketspan gekies is wat teen die destydse Rhodesiese span in Salisbury gespeel het.

Vroeg in die 1970’s het hy as professionele tennisafrigter naam gemaak, en hy het dié beroep 48 jaar lank in Welkom beoefen.

Hy het in tennis, krieket en rugby uitgeblink, en het tot voor sy siekte nog rolbal gespeel.

Olivier se eerste vrou, Marie, is jare gelede aan kanker dood.

Hy is later met Magda in die eg verbind. Hulle was 23 jaar getroud en het drie kinders.

Olivier se roudiens is op 10 Desember in die Avbob-kapel in Welkom gehou.

“Sy wens was dat daar geen ophef van hom gemaak moes word nie en dat geen verversings bedien moet word nie,” sê Magda.

Sy reken sy kan nie genoeg dankie sê vir die ondersteuning, boodskappe en telefoonoproepe wat sy van mense van oor die land heen ontvang het nie.

“Ons gaan hom baie mis.”

Hy laat Magda, sy drie kinders, Jacques, Albert en Linda, en twee stiefseuns, Marius en Jacques van Rooyen, agter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.