Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sportster mik hoog en bereik haar doelwitte

Bernice Kirsten (18), ’n gr. 12-leerling van die Goudveld-Hoërskool, is as die Junie-wenner van die Vista Let’s Play Sportster van die Maand gekies vir haar prestasies in hoogspring en netbal.

Sedert 2015 het Bernice jaarliks ’n goue medalje by die Vrystaat-interhoërbyeenkoms in hoogspring verwerf. Sy was ook in die Vrystaat-atletiekspan – in 2010 tot 2015, en 2017 en 2018 – ingesluit. Sy het vanjaar weer haar Vrystaat-atletiekkleure verwerf.

In 2013, 2015 en 2017 het sy vir die Vrystaat-netbalspan gespeel en is weer vanjaar in die span ingesluit en het haar Vrystaat-kleure in netbal verwerf.

Sy leuse is Fil. 4:13: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”

Meer oor Let’s Play

SuperSport het opgemerk dat probleme bestaan wat die ontwikkeling van kinders strem omdat vaardighede wat geleer word deur speel, liggaamlike opvoeding en sport ernstig ontbreek.

Die Let’s Play-projek is in November 2005 gestig, met die doel om speel, fisieke aktiwiteit en sport aan te moedig.

Bel Lynne of Juanré by 051-522-9574 of stuur e-pos na supersport@zpr.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.