Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sportster veelsydig

Juan Titmuss (13), ’n leerling aan die Amari-skool, is as die tweede laaste wenner van die jaar vir Vista en Let’s Play se Sportster van die Maand gekies.

Dit is vir sy puik prestasies in hoogspring, gewigstoot, verspring, aflos en swem.

Juan het ’n eerste plek in hoogspring, gewigstoot en aflos vir o.13-seuns tydens die interatletiekbyeenkoms in Februarie by die Amari-skool behaal.

Hy het ook ’n tweede plek in verspring behaal.

Juan het boonop aan die Amari-skool se somerspele deelgeneem.

Hier het hy ’n vierde plek in die o.13-aflos vir seuns behaal.

Juan het ook aan verskeie swem-nommers tydens die somerspele deelgeneem.

Hy het ’n plek in die 4 x 25 m-prestige-aflos vir o.13-seuns behaal en ook in die 25 m-rugslag vir o.15-seuns.

Juan het ’n vyfde plek in die 4 x 25 m-aflos vir seuns o.15 tot o.17 behaal en in die 25 m-kruipslag vir o.15-seuns.

Hy het boonop ’n eerste plek in die 25 m-rugslag, die 25 m-kruipslag en ’n derde plek in die 25 m-borsslag vir o.13-seuns tydens die Lettie Fouché-skool se interswembyeenkoms behaal.

Sy leuse is: “Om my beste te doen met my gehoorgestremdheid”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.